Opsommend
Prosedure Laparoskopiese Hiatus Hernia herstel met Nissen Fundoplikasie
Hospitaal
Opname Datum Dag : Datum : / / Tyd :
Nakotiseur: Drs. Gerrie Brink en Vennote Narkotiseurs - Uitgekontrakteer.
Hospitaalverblyf: Ongeveer 2 dae.
Siekteverlof: 2 weke. Normale werksaamhede kan vroeër hervat word. ‘n Siekte sertifikaat kan dit by die spreekkamers afgehaal word.
Aktiwiteit: U mag motor bestuur en normale ligte aktiwiteite dadelik hervat. Normale dagtake kan verrig word. Ligte oefeninge bv fietsry kan hervat word na 3 weke. Normale strawwe oefening kan hervat word na 6 weke bv. Kontaksport, gimnasium oefeninge.
Wondversorging: Wondversorging word uitgevoer op Vrydagoggende tussen 08h00 en 10h00. U hoef nie ‘n afspraak te maak nie. U moet by die spreekkamers aandoen op die eerste wondversorgingskliniek na u operasie. Reëlings word getref vir die verwydering van die steke of metaalkramme. Die steke word normaalweg vir 12 tot 14 dae gelaat voordat dit verwyder word.
Dieet ‘n Privaat dieëtkundige sal u in die hospitaal besoek die dag na die operasie. Dit is belangrik om die dieët instruksies na te kom om sodoende u herstel te vergemaklik en bespoedig. Geen alkohol mag in die herstel tyd gebruik word nie.
Opvolgafspraak
‘n Opvolg afspraak is 6 weke na die operasie vir herevaluasie en ondersoek. U kan reeds terugkeer na u normale werksomstandighede na 2 weke.
Ontslag instruksies U moet tydens u ontslag seker maak dat die volgende items vanaf die verpleegkundige in die saal verkry word:
- Tuismedikasie wat u ingehandig het tydens opname.
- Pynstillers en alle voorgeskrewe medisyne balanse wat tydens u hospitalisasie voorgeskryf en toegedien is.









