Laparoskopiese Antirefluks Chirurgie
Inleiding
Indien 'n persoon las het van sooibrand en refluks kan laparoskopiese antirefluks chirurgie vir die toestand deur die huisarts of chirurg aanbeveel word.
Hierdie toestand staan bekend as gastroesophageale refluks siekte. (GERS).
Hierdie brosjure is saamgestel om u verder in te lig oor die siektetoestand asook die behandeling daarvan.









