Hiatus Hernia (Mantelvliesbreuk, Diafragmabreuk, Glybreuk)

Die slukderm verloop vanaf die keel deur die borskas en deur 'n opening in die diafragma na die buik. Hierdie opening in die diafragma is bekend as die hiatus. Die slukderm sluit aan by die maag in die buik.
Soms is die opening of hiatus groter as normaal en dit veroorsaak dat die boonste gedeelte van die maag dan deur hierdie opening skuif, op in die borskas in.
Die aansluiting tussen die slukderm en die maag is bokant die diafragma in die borskas in plaas van in die buik. Hierdie tipe diafragma breuk staan bekend as 'n glybreuk of hiatus hernia.

Die voorkoms van die klep of sfinkter deur die Gastroskoop.

Die Normale Klep of Sfinkter

Die normale klep of sfinkter is gewoonlik gesluit en kan waargeneem word deur die gastroskoop wat gebruik word om die slukderm en maag te ondersoek. Foto’s kan geneem word van die klep.
Die gastroskoop kan gebuig of flekseer word om terug te kyk na die aansluiting tussen die slukderm en die maag. Die klep kan dan van onderaf ook inspekteer word.
Van bo gesien is die klep gewoonlik toe.
Die gastroskoop dring die maag binne deur die klep. Van onder gesien sluit die klep normaalweg mooi dig om die gastroskoop.

Die voorkoms van ‘n Hiatus Hernia.

Met die gastroskoop word die slukderm en die deel van die maag wat bokant die opening in die diafragma sigbaar is, waargeneem. Die klep is wyd oop, met die maag sigbaar bokant die diafragma.

Die hiatus hernia kan ook van onderaf bekyk word met retrofleksie van die gastroskoop.

Die hiatus hernia soos gesien deur die gastroskoop van bo af. Die rousere in die slukderm kan gesien word. Die aansluiting tussen die slukderm en die maagslymvlies is sigbaar. Die gedeelte van die maag wat in die borskas opdruk kan ook gesien word.

Die opening in die diafragma van onder gesien met die deel van die maag wat opstrek in die borskas in.Die klep is wyd en oop. Die ondereinde van die slukderm kan gesien word en herken word aan die pienk slymvlies.